Pages

Sunday 17 March 2013

Naweek in Huis du Preez

Vrydag kom soos 'n onverwagte warrelwind op die kombuis af en almal is opgewonde oor die woord naweekNa die week se hardloop en skarrel en kophou en uithou is 'n stadiger pas aan die wink.

Ons het begin met 'n verjaardag meisie, Marlene, en Johanna het 'n spesiale teetyd vir haar reg gekry.  Soms, wanneer daar 'n paar van ons naby mekaar verjaar of in die vakansie verjaar het, hou ons sommer so 'n gesamentlike verjaardag tee op 'n Vrydag wat ons kies, maar soms is een gelukkig om op die Vrydag te verjaar en dan word sy bietjie bederf.  Elize is ons voorsanger en sit altyd die noot in vir 'n Happy Birthday en Hiep Hiep Hoera! 
Marlene is al 8 jaar 'n assistent in die koshuis en het twee jaar gelede 'n hartklep vervanging gehad.  Sy is altyd vriendelik en is 'n kosbare deel van ons span.
 Die nuwe gordyne van die boonste dogters gang daag op en teen die tyd dat die skool uitkom het die kamers 'n nuwe baadjie aan, ons hoop die dogters geniet dit.  
'n Steelfoto van Braam wat ons nuwe gordyne teen die trappe opdra.
 Teen 12h00 was ons reg met borde eetgoed vir die skool se personeel waar daar twee opvoeders is wat gedurende die langnaweek trou.  Ons wens hulle baie geluk met hul huwelike en hoop dis vir albei 'n droomdag.
Hierna volg die swemgala se pitas wat ons herhaal van verlede Vrydag af.
En toe begin die naweek!  Vrydag aand het ons 'n braai gehou vir 'n groep Duitse uitruil studente en daarna is die ontspanningsaal donker gemaak en is daar gesokkie saam met luide musiek.  
Saterdag oggend het die eerste sportspanne reeds om 5h45 kom ontbyt voordat hulle op die bus geklim het om ons naam te gaan hoog hou.  Saterdag is gewoonlik 'n redelike rustige dag wanneer almal die kans gebruik  om bietjie dorp toe te stap en miskien te gaan fliek.
'n Tyd terug  vra 'n vriendin my hoe kinders wat nie kan huis toe gaan nie, dit naweke in die koshuis uithou.  Almal wil mos maar graag hul naweek uitspantyd met hul eie mense deurbring en dis 'n voorreg vir die wat naweke kan huis toe gaan, maar as mens die negatiewe bietjie eenkant toe stoot is daar tog lekkerte in 'n naweek se inbly.  Vriende het tyd om rustig te kuier en gesels, ekstra slaap is dikwels nodig na 'n harde week, fliek of koffie drink is altyd 'n opsie en soms is dit selfs nodig om net bietjie alleen te wees.  Ek dink ons kinders gebruik die positiewe van inbly en al is dit nie verkieslik nie, is dit tog 'n lekker tyd waarin ons herinneringe van goeie tye opbou.
Hier is 'n paar tipiese naweek foto's



En skielik is dit SONDAG en ons besef 'n week is verby en die naweek is amper om.  Dit is tyd om stil te raak in die kerk van jou keuse maar eers begin ons met 'n heerlike Spek en Eier ontbyt, altyd veral die seuns se gunsteling.
Spek en Eiers in groot maat :-)
Middagete is sappige Spare Ribs met Bros Braaiaartappel, goue Soetpampoen, Ertjies en uitpak Mengelslaai.

Die Braai Aartappel is 'n "verpligte" deel van die Sondag middagete!

Vir nagereg is daar veerligte Sjokolade Mousse met Vrugteslaai



1 comment:

  1. As ek so na die kos fotos kyk, is ek so dankbaar dat my kind daar by julle is, nou het ek geen rede meer om te worrie of sy lekker eet, met 'n vol magie gsaan slaap. Ons is so bevoorreg en dankbaar om deel van die skool te wees, maar nog belangriker, dat ons kind daar by julle in die koshuis is.

    Dankie aan almal daar by die skool en koshuis vir die liefde en omgee en ek sal julle altyd dankbaar wees

    Dankie aan die kombuis personeeel, ons as ouers sien raak wat julle doen en ons waardeer dit

    Mag julle paie voorentoe met net voorspoed en geluk besaai wees

    Dankie !!!

    ReplyDelete