Pages

Sunday 10 March 2013

Spyskaart vir die week

Soos altyd is ons afhanklik van beskikbaarheid van produkte, aflewerings wat betyds geskied, onvoorspelbare veranderinge aan die normale roetine, maar ons beplande spyskaart vir die week lyk soos volg:

Maandag:  Na 'n stewige ontbyt van Hawermout, Roosterbrood met Peanutbotter en Stroop begin die week op 'n vinnige noot.  Middagete is 'n heerlike tuisgemaakte bredie met die groot gunsteling Groente Mornay, Beetslaai en gewilde Mengelslaai.  Vanaand eet ons Huis du Preez se Tuna pasta met vars Bolandse seisoens vrugte en slaai.

Dinsdag:  Na 'n ProNutro en romerige roereier ontbyt sit ons aan vir Geurige Thai Hoender, Groente en Noedel Roerbraai met Groenmielies en Geroomde spinasie, altyd bedien saam met 'n vars slaai uit die kombuis.  Aandete is 'n Boerewors Rol met heerlike warm Aartappelslaai en Mengelslaai.

Teen Woensdag het ons planne dalk reeds weer verander so ek hou dit eers as 'n verrassing maar Gebakte Vis en Skyfies is altyd 'n gunsteling en soos gewoonlik is dit POEDING DAG!

No comments:

Post a Comment