Beesvleis en Groente Roerbraai is altyd 'n wenner |
SOUS: Gebruik gelyke hoeveelhede Asyn, Suiker en Mayonnaise.
Roer die Asyn en suiker op medium hitte tot die suiker opgelos is en bring tot kookpunt.
Laat afkoel en roer Mayonnaise by.
Meng rou broccoli wat in klein blommetjies gebreek is met rosyne, gekapte rooi soetrissie en die sousmengsel
Skep in 'n slaaibak en strooi bietjie gekapte neute oor net voor bediening.
Die slaai kan 'n paar dae in die yskas gehou word.
Vegetariers is veral baie lief vir hierdie slaai.
Gerda se Broccoli slaai |
Die begin van aandete. Gaar Hoender gemeng met gekapte (blik) tamatie, gekapte ui, mayonnaise en gerasperde kaas |
Quesadillas reg vir die oond |
Getroue oond (Rodger) gelaai en reg om sy magic te doen |
Aandete is gereed! |
Die nuwe Quesadillas (Gevulde Tortillas) se resep:
Fyn, gaar hoender word gemeng met cheddar/mozzarella kaas, gekapte spring onions, geblikte gekapte tamatie en mayonnaise.
Plaas tortillas op oondrakke. Smeer die mengsel bo-op 'n tortilla en bedek met 'n tweede tortilla.
Druk goed vas en bak in oond by 180 grade totdat kaas gesmelt is.
Sny in kwarte en bedien met mengelslaai en avokadopeer slaai of quagamole.
No comments:
Post a Comment