Die hoogtepunt was die Cape Epic fietstoer wat ons gronde die hele week beset het en ons kon aanskou hoeveel voorbereiding in so 'n groot geleentheid ingaan.
Duisende klein tentjies verrys op ons rugbyvelde |
Begin van die groot tent op die hokkieveld |
Die rustigheid en 'n PRAGTIGE dag het my en die meisies kans gegee om bietjie op die strand te gaan loop.
EN die brawes het die koue water aangevat :-) |
Die Milkshakes was HEERLIK!!! |
Die laaste week was 'n warboel van kospakkies vir kinders wat opgewonde op busse moes klim vir 'n kuiertjie by die huis ........en en en.....Lekker vakansie
Ons het verskeie toerspanne (Rugby, Krieket en Netbal) verwelkom en verversings vir hulle gemaak.
Johanna en Juanita saam met ander besig om Paninni's te vul |
Panninis gemaak vir Argentynse toerspan |
Pannini met Geroosterde Beesvleis met tuisgemaakte Mosterdsous, Kaas, Slaai en Tamatie |
Verskeie o/14 Rugbyspanne het oor die Paasnaweek by ons gebly om deel te neem aan die toernooi wat aangebied is. Van Sondag af was daar ook o/17 Netbal spanne uit alle oorde om aan Maties Netbal se programme deel te neem.
Teen Vrydag was die koshuis weer leeg en ons kon skoonmaak en alles regkry voordat ons eie kinders weer Sondag ingetrek het vir die nuwe skof wat wag.
No comments:
Post a Comment