Pages

Wednesday, 6 March 2013

Hierdie blog is 'n rekord van wat ons doen om die gesig van koshuiskos te verander.  Ons werk hard om nie net gesonde kos voor te sit nie maar dit so aantreklik en smaaklik as moontlik te maak.  

Die doel is om ons kombuis (die hart van ons koshuis) veral vir ouers toegangklik te maak, want 'n ma wil altyd weet wat haar kind(ers) eet!

Eerstens wil ek graag die personeel voorstel en met tyd elkeen beter bekend maak.


Johanna is nie net KOK nie, sy help ook met voorraadbeheer en spyskaarte. Sy bak die HEERLIKSTE Cupcakes





Gerty is die KOK wat met 'n natuurlike aanvoeling vir geure.  Sy hou van fyn en mooi kos.

 
 
Sureya werk al meer as 25 jaar by Huis du Preez en weet hoe elke taak gedoen moet word.


Charmaine het by die skool begin as tee meisie, maar ons het haar gou raakgesien en sy is 'n belangrike skakel in die kombuis

Dit is die KOMBUIS SPAN.... hulle sorg dat 250+ mense drie etes per dag kry en help tussen-in nog met talle ander goedjies soos eetgoed vir die skool, kospakkies vir kinders wat moet bus ry vir sport, vakansie, ens.  Hulle is baie keer 'n skouer om op te huil of net 'n oor om te luister en soms is woorde nie eens nodig nie.  

In ons kombuis lag ons baie, maar ons huil ook saam wanneer iemand seer het.  Ons vertel, gee raad en help waar ons kan.  Ons is 'n SPAN.

Hier is 'n paar voorbeelde van wat in ons kombuis opgetower word.

Onthaal by skool

Een van ons lekker dinees

Atletiek tyd eet ons by Coetzenburg dan word vars kospakkies gemaak en afgelewer













No comments:

Post a Comment