Donderdag is ons laaste "normale" dag van die week voor die naweek roetine begin. Vrydae eet ons nie tweede pouse nie maar eers na skool, dan wag die huistoe gaan geleentheid al vir baie en ete word af gewoerts sodat hulle kan gaan naweek hou. Die inblyers begin beplan die naweek afleidings en reëlings word druk by die tafels bespreek. Jy hoor gereeld: "Het my ma se e-pos of sms al deurgekom wat sê ek slaap by 'n maat of ek gaan na 'n partytjie toe Saterdag aand, ens."
Donderdae is sonder dat ons dit so wou kies, meestal hoender dag a.g.v. ons aflewerings tye en berging spasie. Vandag het ons op 'n snikhete dag weggelê aan goudbruin bros krummelhoender met slaaie en vanaand is PIZZA aand! Ons toets 'n nuwe pizza opsie uit vir aandete. Môre hou ons eers die gala wat laasweek uitgereën het en die aand verwelkom ons 'n groep Duitse uitruilstudente met 'n braai en sien uit om hulle in die volgende paar dae beter te leer ken.
No comments:
Post a Comment