Pages

Saturday 4 May 2013

Tyd om Asem te haal

Die kwartaal se wiele het net al hoe vinniger begin rol en ons tel net spoed op!  Daar is omtrent nie tyd vir asemhaal nie en ek moet erken, toe bly die blog bietjie agter en die foto's raak bietjie minder.  Ons het nie opgehou om nuwe resepte te toets nie en ons is naby die einde van hierdie eksperimentele tyd.  
Dit raak nou tyd om uit te asem en met 'n vars nuwe perspektief na die standaard 5 weke siklus spyskaart wat ons gebruik te kyk. Teen middel Mei behoort ons splinternuwe winter siklus spyskaart opgestel te wees en dan vloei die hele proses van bestel, ontvang, berei en bedien in die kombuis weer seepglad.  Hopelik bly die kinders opgewonde oor die nuwe geregte wat ingebring gaan word en word hierdie koservaring vir ons almal 'n plesierrit. 

Ek het 'n absoluut oop gemoed vir nuwe moontlikhede en sal nooit ophou om 'n nuwe resep wat belowend lyk te toets en te gebruik nie. 'n Massa toets van nuwe resepte soos ons die afgelope paar weke gedoen het bring egter hul eie uitdagings. Al is ek erg opgewonde daaroor moet ons nou bietjie normaliteit inbring vir die tweede helfte van die kwartaal.
'n Vakansie dag in die middel van die week beïnvloed ons roetine nogal baie.  Maandag het ons begin met 'n Kaap Maleise Joghurt Hoenderkerrie bedien met Rys, Gemengde Groente en Sambal

Dinsdag het ons Kamma Wildspastei met blink Pietersielie Aartappels, Soet Wortel, Ertjies en vars Mengelslaai bedien  
 En toe word Dinsdag skielik Vrydag met Woensdag 'n heerlike vakansie dag al moes sommige hard leer vir toetse Donderdag oggend.

Beplanning vir ons ope dag op 13 Mei is ook in volle swang en ons is baie opgewonde om die nuwe potensiële ouers en leerders te ontmoet.


No comments:

Post a Comment